9 Januarie 2014

 

Hallo en baie groete vir ‘n splinternuwe jaar!

Dankie dat jy my webblad besoek. Ek is op die oomblik nog hard aan die werk aan my nuwe album wat in die eerste helfte van die jaar vrygestel sal word. Ons maak reg vir die Fanie Fouche huldigingskonsert op 21 Januarie (sien ook my Facebookblad). Ons is verheug om te hoor dat ‘Stuur groete aan Mannetjies Roux’ vanaf die 17e Januarie in Kimberley, Polokwane, Paarl, Potchefstroom, Rustenburg en Stellenbosch vertoon gaan word (sien ook my Facebookblad vir meer detail). Op die 25ste Januarie sing ek by die Paul Cluver Amfiteater in Grabouw, op 21 Februarie is ek in Heidelberg by die Laer Volkskool se prestige funksie. daar is nog die Lefra/RSG Oppiwaterfees op die boot in Maart en ons begin binnekort repeteer aan my vertoning by die Woordfees, en ook by die KKNK, (saam met Elvis Blue).

Tot straks – en meer later

Laurika