LAURIKA RAUCH MET LOKI ROTHMAN: “BLOU”

Laurika en Loki Rothman (kitaar en sang) se vertoning was vir die eerste keer vir twee uitverkoopte vertonings en staande toejuigings by Spier, tydens die US Woordfees, deur sowat 2,000 mense gesien. Loki begelei Laurika met sy unieke perkussiewe kitaarspel en besondere stem. Saam het hulle die eerste prys van sy soort, ‘Luitoon van die jaar’, by vanjaar se Ghoema-toekennings ingepalm vir hulle duet van ‘Blou’.Hierdie sal hulle laaste optrede van ‘Blou’ wees.