Laurika Rauch en Clinton Waring in konsert: Atterburyteater, Pretoria

17 Februarie 2018: Laurika Rauch en Clinton Waring werk reeds bykans 17 jaar saam. Met so ‘n lang vennootskap verstaan kunstenaars mekaar so fyn dat wedersydse respek en begrip ‘n ekstra bestanddeel tot elke optrede voeg. Gehore sal Clinton Waring veral onthou as die sanger en pianis wat daardie legendariese duet van ‘Stille Waters’ (Blue skies) saam met Laurika opgeneem het. Hierdie sal hulle eerste solo-vertoning in die Atterburyteater (sedert die teater se bestaan) wees, wat dit ‘n besonderse geleentheid op sigself maak. Laurika en Clinton tree op ten bate van die Whispers speech and hearing centre.
17 Februarie 2018. Tyd : 20h00. Kaartjies is by Computicket