NG KERK HARTEBEESPOORT. Maraisstraat 30, Schoemansville

‘n Fondsinsameling vir Brits Rusoord. Die Laerskool GHS-koor tree in die voorprogram op. Laurika tree op saam met Clinton Waring, haar gereelde begeleier op klavier, met ‘n program van haar grootste treffers en ‘n paar verrassings en liedjies van haar nuwe album, ‘Die Reis’, wat vanjaar die Ghoema-toekenning vir Beste kontemporêre album deur ‘n Vroulike kunstenaar ontvang het.