Alleen

Play


Kyk hoe huil die vensterruit
Saggies val die winterreën
Ek sit hier in die duisternis
Ja, ek is weer alleen
Digte wolke teen die berg
Bruisende riviere vol
Liefde se skerp klippe
Word hierbinne rondgerol
Alleen so alleen
Ek is weer alleen
Foto’s en herinneringe
Jy glimlag mooi in elke een
Gister was ons twee nog saam
Nou sit ek hier alleen
Alleen so alleen
Ek is weer alleen
Saggies val die winterreën
Alleen alleen ja
Ek is weer alleen
Mm…

Herhaal eerste vers
Alleen so alleen
Ek is weer alleen (x3)

Komponis: David Kramer
Uitgewer: Music Wrights

Verskyn op:
Vir Jou
Laurika op versoek
Grootste treffer volume 1
Die nuwe trefferalbum