As ek eendag oud is

Play

As ek eendag oud is en my lewe herleef
Sou ek terugdink aan tye wat aan môre vaskleef?
Die minute en ure’s in ‘n oogwink verby
Elke glimlag en traan is kosbaar vir my

En as ek sou kon teruggaan wat sou ek wou hê?
Wat sou ek verander wat sou ek wou sê?
Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra?
Sou ek antwoorde kry – op die vrae wat ek vra

Refrein 1:
Want vandag is die môre waaroor gister bekommer
Elke uur word die dromers al stommer en stommer
Die minute en ure’s in ‘n oogwink verby –
Elke glimlag en traan is kosbaar vir my

En as ek eendag oud is wil ek kan onthou
Die pyn en die lyding, die liefde die nou
Die lewe se paadjies, waar hul ook mag draai
By kleuterskool maatjies, wie sou kon raai

En as dit dan ook tyd word om my kop neer te lê
Sou ek graag wou weet daar’s niks meer te sê
Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra?
Sou ek antwoorde kry – op die vrae wat ek vra

Refrein 2:
Want vandag is die môre waaroor gister bekommer
Elke uur word die dromers al stommer en stommer
Die minute en ure’s in ‘n oogwink verby –
Elke glimlag en traan is kosbaar vir my
Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra?
Sou ek antwoorde kry – op die vrae wat ek vra

As ek eendag oud is
As ek eendag oud is
As ek eendag oud is
As ek regtig oud is!

Woorde en Musiek: Etienne Steyn
Uitgewer: In MS Samro/ © Etienne Steyn