Besoekers

Play

Besoekers besoekers ‘n Huis vol besoekers
Wat volskink en saamlag
En goedig verkeer
En tussen hul maalkolk
Dwaal ek alleen
Op soek na jou koester
Wyl die wind deur my ween
Besoekers besoekers ‘n Leeftyd se saamkoms
Deurweef met gedagtes
En drome wat boei
Dobber ek doelloos
Hou in my verlange
Met hoopvolle drome
Jou beeld vasgevang

Refrein:
Luister my lief
Na die ween van die wind
Luister my lief
Voor jy ons knoop ontbind
Besoekers besoekers ‘n Leeftyd se saamkoms
Verbind deur die wete
Dat alles vergaan
Klou ek krampagtig
So lank as ek kan
Aan beelde van drome
Wat saamseil beman

Refrein

Woorde en musiek: Awie de Swardt/Michael Tellinger
Uitgewer: Gallo Music Publishers