Beste vriende

Play

(Duet met Wouter van de Venter)

Soos middernagstiltes
En lomerige winde en nog baie meer
Soos ‘n aand met helder sterre
En die soet geur van blomme
So voel ek oor jou

Refrein:
Maar verskoon my tog as ek droogmaak
En jy my nie mooi verstaan nie
Want met ‘n vriend soos jy
Maak dit tog regtig nie saak nie

Soos ‘n dop met baie ys in
James Phillips in die basement
En nog baie meer
Soos wêreldbekerrugby
En Baywatch op die tv
So voel ek oor jou

Refrein

Soos middernagstiltes
En lomerige winde en nog baie meer
Soos ‘n aand met helder sterre
En die soet geur van blomme
So voel ek oor jou

Soos ‘n dop met baie ys in
James Phillips in die basement
En nog baie meer
Soos wêreldbekerrugby
My soapies op die tv
So voel ek oor jou

Refrein

Brug
Ons is anders maar tog dieselfde
Ek is ek en jy is my beter helfte
Ons was miskien een in ‘n vorige lewe
Maar nou is dit om’t ewe
Die helfte of dieselfde

…maak nie rêrig saak nie…middernagstiltes…
…maak nie rêrig saak nie…’n aand met helder sterre
…maak nie rêrig saak nie…so voel ek oor jou
…maak nie rêrig saak nie

Woorde en Musiek: Wouter van de Venter
Uitgewer: Wouter van de Venter/ M/S (Samro)