Bly nog so bietjie (Ek mis jou)

Play


Ek mis jou as ek koffie maak
Ek mis jou as ek stryk
Ek mis jou in die middae na werk
Ek mis hoe jy lyk

As ons praat op die telefoon
Kan ek jou skaars hoor
As jy sê jy is lief vir my
Dan mis ek jou van voor

Refrein:
Bly nog so bietjie hier by my
Sit nog so ‘n rukkie hier langs my
Bly nog so bietjie hier naby my
Voor jy weer huis toe gaan

Ek was heeltemal tevrede
Ek was heeltemal okay
Ek het aangegaan op my eie
Ek was heeltemal vry

Maar as die liefde jou geraak het
Voel vryheid soos ‘n tronk
As die liefde in jou bloedstroom kom
Dan maak dit jou skoon dronk

Refrein:
Dae voel soos weke
Die weke soos maande
Aaah!
Die ure apart
Voel soos dekades

Refrein:
O bly nog so bietjie hier by
Sit nog so ‘n rukkie hier langs my
Bly nog so bietjie
Hier naby my
Voor jy weer huis toe gaan
Voor jy weer huis toe gaan
Voor jy weer huis toe … gaan

Woorde en Musiek: Vernette Rautenbach Wessels
Uitgewer: Esmé Vernette Rautenbach Wessels, soos geregistreer by SAMRO