Die storie van my hart

Play

Miskien is dit verby
Of het dit nou net begin
Dis aande soos vanaand
Wat dit moeilik maak om te sing
Ek weet dat dit nie die eerste
- of die laaste keer sal wees
Maar soms lyk alles bietjie moeiliker
So donker en vergeefs

Maar tussendeur die trane
Die swaarkry en die sweet
Voel dit tog op die ou end
Of alles ok gaan wees
En ek weet dat dit net die reën
En die weer daar buite is
Wat sal maak dat ek weer omkyk
Om te voel of ek mis

Refrein:
En dis die storie van my hart
Dis die leuse van my siel
Want daar’s altyd iewers hoop
Al lyk dit soms verniel
Ja dis die storie van my hart
Dis leuse van my siel
Want daar’s iewers hoop
Al lyk dit soms verniel

Soms sal jy onthou
En soms sal jy vergeet
Die donker bly jou voor
Waarheen, wie weet
Maar die wind sal weer gaan lê
En die son weer helder skyn
En die hoop sal kom in oorvloed
Soos bloeisels van jasmyn

Refrein:
Want dis die storie van my hart
Dis die leuse van my siel
Want daar’s altyd iewers hoop
Al lyk dit soms verniel
Ja dis die storie van my hart
Dis leuse van my siel
Want daar’s altyd iewers hoop
Al lyk dit soms verniel

Soms verniel aaa…
Soms verniel aaa…

Miskien is dit verby
Of het dit nou net begin…

Woorde en Musiek: Etienne Steyn
Uitgewer: MS/(Samro)