Die diep blou see

Play

Ek sing vanaand van die diep blou see
Nie soseer van die liefde nie
Maar my hart is wel in twee geskeur
Dis nog ‘n bietjie rou, nog ‘n bietjie seer

Ek het gesê ek sal verstaan
As jy eendag weg moet gaan
Seil nou terug oor die diep blou see
Sê jy sal nie weer weggaan nie

Refrein:
En al my sorge groot en klein
Sal net sommerso verdwyn
Is daar niks meer tussen ons twee nie
Behalwe die eindelose see?

Ek sien ‘n lig maar dis baie ver
Dalk is dit maar net ‘n ster
Dalk het die einde al gekom
Draai die aarde nog om die son?

Jy’t vir my laat verstaan
Dat jy eendag weg moet gaan
As jy nou net weer terug kon kom
As jy net wou as jy net kon

Refrein:
En al my sorge groot en klein
Sal net sommerso verdwyn
Is daar niks meer tussen ons twee nie
Behalwe die eindelose see?

Woorde en Musiek: Christopher Torr
Uitgewer: Chris Torr Music