Die fietsryer

Play

(Jou Jas)

Eers was jy net ‘n stippelding
‘n Deining sonder vorm
Naby het jy mens geword
Verflenter op ‘n fiets

Refrein:
Jou jas, jou jas is vol gate geskiet
Deur die wit vlymskerp jare
Maar net jy weet
Waar om in jou jas te staan
Sonder om koud te kry, koud te kry
Sonder om koud te kry

Swetend in jou waggel wieg
Sirkeltrap die opdraand uit
Die stom wind om jou ore
Het ‘n suising gemaak
Toe jy aan die afdraand raak

Refrein

Jou jas se pante wapper en waai
Soos die hande van ‘n jong kind
Al verder en verder weg wapper dit
Ruggelings in die warm wind

Woorde en Musiek: Ben Beukes / Abri Helberg
Uitgewer: Select Musiek Uitgewers