Die kinders sing saam

Play

Ons draai weer van die teerpad af
Die tafels is uit sement gemaak
Ver van die stad en die lug is skoon
Tussen die tafels is ‘n peperboom x 2

Ja, my kind ons is amper daar
Net so ver soos verlede jaar
Klim nou uit aan die ander kant
Bly net weg van die groot teerpad x 2

Refrein:
Die kinders sing saam
Wat is jou naam?
Wie weet hoe om skape te tel?
Waar kom jy vandaan?
Waar slaap die maan?
Kan jy jou ouers se name al spel?

Wat kom nou, wat kom nou hier aan?
Kyk dit loop dat die stof so staan
Nee, my kind dis ‘n donkiekar
Tussen die wiele draai ‘n ewenaar x 2

Hul parkeer langs die peperboom
Tussen die donkies is ‘n disselboom
Die kinders klim van die karretjie af
Tussen die heining en die groot teerpad x 2

Refrein

Ma, kan ons nog ‘n rukkie bly?
Nee, my kind, ons het ver om te ry
Dis die tyd van die rooi turksvy
Hulle het gesê ons kan hierdie twee kry x 2

Klim in die motor laat die wiele draai
Spring op die wa en die kinders waai
Ja my kind ons is amper daar
Tussen die wiele draai ‘n ewenaar x 2

Refrein x 2

Woorde en Musiek: Christopher Torr /Marshall Harmse
Uitgewer: Chris Torr Music

Verskyn op:
Die mense op die bus
Laurika Rauch sing die liedjies uit Stuur groete aan Mannetjies Roux