Die mense op die bus (circa 2004)

Play


Refrein (1):
Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou byna, jou byna vergeet

Die mense op die bus beskou
Die liefde soos die oggenddou
My hart is lankal reeds gebreek
Ek het dit net-net weggesteek

Dalk is die liefde soos die reën
Dit sal die aarde plek-plek seën
Die mense op die bus sê ja
Verspreide buie hier en daar

Refrein (1)

Die mense op die bus wil hoor
Waar het jy eers jou hart verloor?
Die mense op die bus sê nee
Daar’s baie visse in die see

My hart is amper weer gebreek
Ek het dit net-net weggesteek
Die mense op die bus beskou
Die liefde soos die oggenddou

Refrein (2):
Sing vir my saggies, sing van die reën
Waar kom dit vandaan, waar gaan dit heen?
My hart is al lankal, lankal gebreek
Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

2X Refrein (1)

…Ek het jou bynaam, jou bynaam vergeet

Woorde en Musiek: Christopher Torr
Uitgewer: Chris Torr Music

Verskyn op:
My ou tante Koba

Ander interpretasies: Circa 1999