Die tyd stap aan

Play

Die kort hand op twaalf, en die lang hand op drie
Jy lê met jou kop hier teen my knie
Ek soek jou gesels maar jy’s lank nie meer hier nie
En kyk hoe loop die lang hand oor na vier

Die kort hand op twaalf, en die lang hand digby vyf
Jy’s droomland toe, en ek sit met jou lyf
Ek wou nog praat oor ons liefde en die res
Maar in stilte, lê die lang hand langs die ses

Refrein:
Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my
In doodse stilte gaan die tyd verby
Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my
Maar elke oomblik voel soos ‘n ewigheid vir my

Die kort hand op twaalf en die lang hand skuins na tien
Ek wens ek kon die toekoms vir ons sien
Maar nou sit ek hier in die verlede en delf
Terwyl jy slaap kruip die lang hand oor die elf

Refrein

Woorde en Musiek: Lucas L. Maree
Uitgewer: Lucas L. Maree (SARRAL)