Droom

Play

Ver agter die skimme van gister
Gaan haal ek ‘n droom
En die droom se naam is Jy
Ek sien jou soos jy toe was
Ek sien jou soos jy nou is
En ek besef vir altyd
Bly jy die droom vir my

Refrein:
Stil het jy hier in die omhelsing van my hart kom lê
En ek sal jou nooit laat gaan
Jy is al wat ek my lewe lank wil hê
‘n Droom wat ewig voortbestaan

Ek is gelukkig in my droomwêreld
En niks sal my ooit
Van jou kan vervreem
My drome word al soeter
Ek kry jou daagliks liewer
En jy gee soveel meer
As wat jy ooit kan neem

Refrein

Woorde en musiek: Johan Wessels (Kupido)
Uitgewer: April/Panorama

Verskyn op:
Jy is te dierbaar
Grootste treffers Volume 2
Liedjies van vroëer