Ek en my klavier

Play

Met jou sikspens in my hande
Sal ek ‘n wêreld koop
Met jou sole aan my voete
Sal ek deur ‘n vuur kan loop
In die toksak oor my skouer
Is my hart se punt verpak
Want jy’s die blou blou baskitaar
Wat ek oor my skouer haak

Want…

Refrein:
Jy is my hawe
Jy’s my preekstoel jy’s my huis
Jy is ‘n woord uit my gebed
Jy is my trane jy’s my noodkreet
Jy’s my kruis
Want die tyd saam met jou is te duur
Dis net ek en my klavier

Jy is stilte in my ore
Waar ek gedagtes hang
Jy is een woord wat ‘n heelal
in ‘n visnet kan vasvang
Jy is binne in my binneste
Geëts uit kaal ivoor
Jy’s vir my ‘n fotoboek
Waarin ek myself kan stoor

Refrein x 2:
Jy is my hawe
Jy’s my preekstoel jy’s my huis
Jy is ‘n woord uit my gebed
Jy is my trane jy’s my noodkreet
Jy’s my kruis
Maar die tyd tussen ons is te duur
Dis net ek en my klavier

Woorde en Musiek: Zander Hattingh
Uitgewer: Zander Hattingh