Ek maak net soos ek wil

Play

As my wrak tog kan loop
En die pad is oop
En die lewe lê alkant te koop
En ek’t ‘n rand of tien
En wie weet miskien
Nog ‘n paar hier of daar
Wie weet waar
Dan vat ek die pad
Na die bose ou stad
Want hy’s grys en wys
En hy’s gou

En die naald bly dwaal
Net so regs van nul
Want ek maak net soos ek wil

Ek’t ‘n jaar lank gewerk
As ‘n derde klerk
Dis weer tyd om ‘n iets te geniet
Want ‘n week se swoeg
Maak my moedeloos moeg
En die tjek sê ook
Als is verniet

Toe breek ek maar weg
Want die wêreld is reg
En ek’s eindelik klaar met die spul

En die naald bly dwaal
Net so regs van nul
En ek maak net soos ek wil

Daar’s ‘n ietsie te sê vir
Min rykdom hê
Want ‘n rand is soms soos ‘n fortuin
As die wiele rol en die tenk is vol
Word die sorge agter jou klein
Die vryheid is soet
Die trap met jou voet
En die enjin word dromerig stil

Want die naald bly dwaal
Net so regs van nul
En jy maak net soos jy wil (x 2)

Komponis: Koos du Plessis
Uitgewer: Incline House

Verskyn op:
Vir jou
Laurika op versoek
Grootste treffers Volume 1
Tweeduisend-en-tien!
Liedjies van vroeer