Ek sê vir jou goodbye

Play


Ek sê vir jou good bye
Ek skryf vir jou ’n lullabye
Met my mooiste woorde wil ek groet

Het iemand vir jou die pad gewys
En is jou drome opgeëis
Of dwaal hul nog steeds diep in jou gemoed

Refrein:
Ek wonder soms oor jou
En of jy sal onthou
Ek wonder soms of jy vir my onthou

Ek wonder soms oor jou
En of jy sal onthou
Album-bêre-tydjies wat ons soos ’n raam omvou
Ek wonder soms of jy vir my onthou

Dit bly ’n groot geheim
Jou vlam het net soos niks verdwyn
So baie sand bly oor in jou uurglas

’n Kraak was egter daar
Die wind het jou weggedra
Jou asem deur die branders weggewas

Refrein

Ek wonder soms oor jou
En of jy sal onthou
Album-bêre-tydjies wat ons soos ’n raam omvou

Ek wonder soms of jy vir my onthou

Musiek: Meryl van Noie /
Woorde: Meryl van Noie / M van Zyl
Uitgewers: Chris Torr Music / MS/Samro