Ek wil vir jou

Play

Jy met jou drome en gedagtes in jou oë
Jy met jou vrede wat in elkeen hoop en glo
Jy met jou deernis jou geduld en jou verstaan
Jy wat jou seer alleen wil dra

Refrein:
Ek wil vir jou
Somer wees en stilte gee
Ek wil vir jou
Die son gaan haal die wind die see
Ek wil so graag
Myself vir jou gee x 2

Jy met jou woorde en gebede in jou hart
Jy met jou vreugde so in oorvloed uit jou hand
Jy met jou wysheid jou geloof in elke dag
Jy met die seer agter jou lag

Herhaal refrein

Woorde en Musiek: Christa Steyn
Uitgewer: Mac-Villa Music

Verskyn op:
Encore! Laurika
Grootste treffers Volume 2
Liedjies van vroëer