Ek wou jou laat lag

Play

Ek het jou opgemerk – verwoed was jou dwaal deur die paaie
En in jou stap, was daar ‘n groet – op jou wange die trane
En in jou oë was daar die hopeloosheid
Wat kom inkruip het toe jy jou hart toesluit
Ek was daar
Ek was daar

Refrein:
Ek wou jou laat lag, ek wou vir jou teruggee.
Die lig in jou oë, die hoop om te glo
Ek wou jou laat lag, ek wou jou laat sien wat jy verdien
Ja, ek wou jou laat lag, ek wou aan jou raak
Ek wou deur my note met jou praat
Ek wou jou laat lag
Ek wou jou laat sien – ek wou …

En toe die ysberg om jou smelt – was daar sagte wit strome
En dit het uitgevloei na my, soos na woude en bome
Jy’t agterna gekom, jy wou sien hoe ek lyk
Jy’t my vasgehou, (as)of jy nou eers begryp
Ek was daar
Ek was daar

Refrein

Oe… oe… oe… oe…

Refrein

Woorde en musiek: Karmi Marais
Uitgewer: Ms Samro