Halfpad om die son

Play

Sing vir my ’n liedjie van die lente
Sing vir my ’n liedjie van die herfs
Jy’t vir my gesê jy wil my liefde hê
Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie
Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie

Ek bring vir jou ’n liedjie van die lente
Ek bring vir jou die liedjie van die herfs
Die skrif daar teen die muur is al lankal hier
Tot nou toe het ons nie so ver gelees nie
Tot nou toe het ons nie so ver gelees nie

Refrein:
Want die liefde is nie altyd baie haastig nie
En die aarde draai so stadig om die son
Maar as die lente kom, kan dit jou verstom
Met die aarde alweer halfpad om die son

Ek sing vir jou die liedjie van my drome
Ek sing vir jou die liedjie van my hart
Die woorde wat ons hoor
Klink anders in ’n koor
Tot nou toe het ek nie so ver gesing nie
Tot nou toe het ek nie so ver gesing nie

Refrein

So sing vir my ’n liedjie van die lente
Sing vir my ‘n liedjie van die herfs
Jy’t vir my gesê jy wil my liefde hê
Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie
Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie

Woorde en Musiek: Christopher Torr
Uitgewer: Chris Torr Music