Hei, mevrou Brown (dit gaan goed)

Play

Ek vat dalk die pad Kaap toe,
Miskien Suid-Wes, my mense bly
Op Outjo, maar op Mars is waar
Ek woon, kies koers ‘n rigting in
Met die laaste bus, die doodlooppad
Is wat ek vat my gewete moet
Ek sus, so ek skryf

Refrein:
Want ek’t maar net gewonder
Of ek dalk weer die kans sal hê
Om net te sê: Hei, Mevrou Brown,
Dit gaan goed…
Hei hei la- da- da… x 2

My hart is Stellenbosch toe, my geheue
Loop steeds op Potch, en soos ek moeg
Geloop is lê my lyf in Knysnabos
Jeffreysbaai se surfers stel ‘n nuwe
Mode op, Joeys is die stad van lewe
Hier sal ek nog dood so ek skryf

Refrein

Pretoria, oos of wes – ons bly maar
Waar ons bly, Riemvasmaak maak nou
Klaar môre moet jy ry, Distrik Ses
Doen jou bes as jy dink jy gaan
Hier bly, Swakopmund lighthouse
Coffee tomorrow I might stay

Refrein:
Hei, Mevrou Brown,
Dit gaan goed…

Hei la- da- da… herhaal enkele male

Woorde en musiek: Marlise Scheepers
Uitgewer: MS/ Samro