Hoe draai die wind dan nou

Play


Iewers op ’n stofpad
Het ons verdwaal
Êrens by ’n kruising
Deurmekaar geraak

Iewers in die skemer
Het ons mekaar verloor
Êrens in die landskap lê daar dalk
Nog ’n spoor

Refrein:
Kan jy – kan jy onthou
Hoe ek en jy sou
Berge versit en aanhou
Kan jy – kan jy onthou
Maar hoe draai die wind dan nou
Hoe draai die wind dan nou
Hoe draai hy nou

Die sterre lyk vreemd
Die maan is half en skeef
Geen teken van reën
Die dors my ewige vrees

Sien ons iewers hoop
Voor ons lê
Of is als reeds dood
Nog voor een iets kon sê

Refrein x 2:
Kan jy – kan jy onthou
Hoe ek en jy sou
Liefde kon deel en uitdeel
Kan jy – kan jy onthou
Maar hoe draai die wind dan nou
Hoe draai die wind dan nou
Hoe draai hy nou

Iewers op ’n stofpad
Het ons verdwaal
Iewers in die skemer
Het ons mekaar verloor

Woorde en musiek: André Swiegers
Uitgewer: SJeamile Music