Hoor hoe val die reën

Play


Jy sê jy moet nou loop
En so los jy my alleen
Jou jas hang teen die kamerdeur
Buite val die reën

Refrein:
Hoor hoe val
Hoor hoe val
Hoor hoe val die reën
Hoor hoe val
Hoor hoe val
Hoor hoe val die reën

Ek hoor hoe jy die trap afstap
Ek hoop jy weet waarheen
‘n Hond krap-krap teen die agterdeur
Buite val die reën

Refrein

En nou is daar net vier mure
Die lig het gou in grys versteen
Die damp vlek teen die binnemuur
Buite val die reën

Refrein

Ek sit hier voor die venster
Die boom se takke roer en kreun
Die mis hang digte wolke
En buite val die reën

Refrein x 3

Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen / André Swiegers
Uitgewers: Woorde: M/S (Samro) / Musiek: Jeamile Music