Jakarandastrate

Play

Refrein:
Jakarandastrate
Roep my vanaand
Ek luister na die liedjie op die wind
En ek volg my hart waar hy gaan
Ek volg my hart waar hy gaan

Jare gelede vaar ek na die vreemde
Met drome wat sweef op die wind
My hart se begeerte om lewensgeheime
In onbekende stede te vind
My voetspore kruis kontinente en eilande
Nêrens kon grense my bind
Deur kronkelende strate, oor silwer promenades
Soek ek na die reënboog se punt

Refrein

Te lank het ek gewandel langs wildvreemde paaie
Te ver het ek gesoek na die kruis
Die spore na geluk loop in sirkels en draaie
En lei my weer terug na die huis

Refrein

Jakarandastrate x 4

Woorde en Musiek: Valiant Swart
Uitgewer: Valiant Swart (Rodeo Songs)