Jy is ver

Play


Jy is ver van hierdie land van son en see en dorre aarde
Met die reënboog in haar bloed
Sou jy voel jy vergeet
Sou jy voel jy verdwaal
En jy vervreem van ons,
Dan hoor my, hoor my stem in die wind

Izwa izwe lami emoyeni (hoor my praatstem in die wind) x 4

Naby die suidste punt, op die verste rots
Gesels ek nou en dan as die son sak
Oor ons hart se land
Ek gesels met tyd – soos ek maar altyd kon
Onder die miskombers wat laag hang
Oor die tafelrand

(izwa izwe lami emoyeni) x 4

En sou jy voel jy vergeet
Sou jy voel jy verdwaal
Jy vervreem van ons
Dan hoor my, hoor my, hoor my stem in die wind

Ngizwe emoyeni (hoor my sangstem in die wind) x 4

Daar’s ’n stukkie gesels oor gister se seer
Wat tydsaam heel en sterk maak in murg en been
Ek sal gesels in hierdie taal – jou uit die vreemde haal
Ek belowe, hoor my, hoor my stem in die wind

(izwa izwe lami emoyeni) x 4

En sou jy voel jy vergeet
Sou jy voel jy verdwaal
Jy vervreem van ons
Dan hoor my, hoor my, hoor my stem in die wind

(ngizwe emoyeni) …

x8

Woorde en musiek: Lize Beekman
Uitgewer: MS/Samro