Jy kan my kom haal

Play


Wat kan ek sê, daar’s ‘n knop in my keel
Wat kan ek skryf in die volgende reël?
Wat kan ek sê, ek is klaar gepraat
Waar gaan ek heen, dis ‘n doodloopstraat
Waar is die vlam, dis ‘n pikswart pad
Waar is die lig, dis ‘n duistere gat
Wie kan my red as die donker daal?
Wie is die een wat vir my kom haal?

Ek lees die koerant, dis net moord en roof
Ek luister die nuus, maar ek hou my doof
Ek sit voor die kassie dis ‘n groot lawaai
Vat my liewer op ‘n Kaapse draai
Gee my die wind, gee my die son
Gee my die reën as die winter kom
Gee my die vlaktes in die ou Transvaal
Gee my jou liefde as die donker daal

Ek mis jou lag as ek grappies maak
Ek mis jou oë wat aan die hemel raak
Ek mis die lig in jou donker stem
Dit voel of ek jou al ‘n leeftyd ken
Want jy is die vlam op ‘n pikswart pad
Jy is die lig in’n duistere gat
Jy kan my red as die donker daal
Jy is die een wat vir my kom haal

Jy kan my kom haal x 16

Woorde en musiek: Emile Minnie
Uitgewer: Emile Minnie T/A French Music