Kon jy raai

Play

Kon jy raai toe ons kinders was
Dat dit alles tog nog eendag sou verdwyn
Kon jy weet in jou klein gemoed
Dat die onskuld en die eenvoud ook sou kwyn

O die dae van my jeug
Is net waaigras in die wind
Verstrooi oor die vlaktes van die tyd
Van al die pret en die plesier
Bly net afdrukke teen die muur
En die herinnerings
Dowwe paadjies in die vergetelheid

Kon jy weet toe dit lente was
Dat die somer ook ’n droë wind sou bring
Kon jy raai in die herfs se val
Dat die winter na jou binneste sou kring

O die dae sonder jou
Is net haltes van onthou
Versprei oor die roete van die tyd
Want al die saamwees en verduur
Het al verskilfer teen die muur
En die herinnerings
Doodlooppaadjies in die vergetelheid

Woorde en Musiek: Freek Robinson
Uitgewer: Select Musiek Uitgewers