Kuier in gedagtes

Onbeskikbaar

Baie myle hiervandaan
Waar die koring geel in die are staan
Kuier ek in gedagtes by jou

Op die groot stoep van die plaashuis
Waar ons dagbreek saam aanskou het
Kuier ek in gedagtes by jou

Ek doen my werk in hier tuis
En ek slaap saans alleen in my huis
Maar ek kuier in gedagtes by jou

Dit geen genot om dagbreek
Sonder jou te moet aanskou
Ek kuier hier in gedagtes by jou

Refrein:
Dit het vinnig tyd geword
Dat ons uitkom bymekaar
Want die eensaamheid word een te veel vir my
Die huidige situasie kan enige een verwar
Want ons kuier in gedagtes bymekaar
Want ons kuier in gedagtes bymekaar

As die toekoms dit bepaal
Is hierdie die heel laaste maal
Dat ek kuier in gedagtes by jou

Jy het die groot vraag gevra
En toe sê ek sommer “ja”!
Binne enk’le dae word ek dan jou vrou

Refrein

Woorde en Musiek: Kupido
Uitgewer: Panorama