Liefde is al wat ons het

Play

My liefste, sing vir my vanaand
en vertel my weer dat jy my lief het
want iewers tussen sweef en val
in ‘n oomblik van besef –
Is liefde al wat ons het

Woorde is waardevol soos goud
Akkoorde raak mense jonk en oud
Maar iewers tussen doof en stom
in ‘n oomblik van besef –
Is liefde al wat ons het

Refrein:
Jou hart in my hande (jou hart in my hande)
Ek sal dit sing, vertel, fluister, skree
Ek het jou lief, liewer, liefste
Liefde (liefde), is wat ons twee het

Die wêreld eggo onsekerheid
met oorloë aan die orde van ons tyd
Maar iewers tussen goed en kwaad
in ‘n oomblik van besef –
Is liefde al wat ons het

Alles hier is tog net tydelik
en eendag hierna sal ons begryp
Maar iewers tussen nou en dan
in ‘n oomblik van besef –
Is liefde al wat ons het

Refrein

Liefde…
Is al wat ons het

Woorde: Olga Leonard
Musiek: Olga Leonard en Jaconell Mouton
Uitgewers: In MS Samro © Olga Leonard /In MS Samro © Jaconell Mouton