Los en vas

Play

Effens skaam en deurmekaar
staan die liefde voor jou deur
Kom sê net gou vir jou hallo –
En hy klop nie altyd baie hard nie

Hy skuif sy voete heen en weer
en jy’s ook deurmekaar
Soek hy ’n plek om in te trek –
Soos in die leë kamers van jou hart?

Refrein:
Hier kom die liefde, daar gaan hy weer
Maak jy my bly of maak jy my seer?
Wat het jy daar, diep in jou tas?
Speel jy nog los, nog los en vas?

Skuif jou voete heen en weer
Die hemel is so blou
Jy kan ’n bietjie teëstand bied
Maar hy wil jou in sy arms hou

As jy jou kom kry is Maart al Mei
Die liefde het oorheers
Hy’s ingetrek en uitgestrek
in die breë kamers van jou hart

Refrein
Onverwags een winternag
Pak die liefde weer sy tas
Kom sê net gou vir jou tot siens
Maar hy sê hy wil nog vriende bly

As jy jou kom kry is als verby
Jy staar net in die spieël
Dis donker in die voorportaal
En in die leë kamers van jou siel

Refrein X2

Woorde en Musiek: Christopher Torr
Uitgewer: Chris Torr Music © Christopher Torr 2013