Marietjie wag-n-bietjie

Play

In Kerkstraat Aberdeen
Woon Marietjie alleen
Op haar dag kon sy ’n kop of twee laat draai
Maar Marietjie van der Heever
Wag – haar hele lewe

Iemand het haar wel gevra
In neëntien sestig – in De Aar
Marietjie o Marietjie wil jy dans?
Maar sy sê toe vir hom “Niekie
Nie nou nie, wag ’n bietjie”

Refrein:
Marietjie o Marietjie
O Marietjie wil jy dans?
My hart is vol van liefde
Wag ’n bietjie? Vat ’n kans
Ja my hart is vol van liefde
En dit voel of dit wil bars
Marietjie wag ‘n bietjie
Marietjie wil jy dans?

En Niekie Poggenpoel
Woon nou buite die gewoel
Hy het seker beter dae al gesien
En in Kerkstaat Aberdeen
Het dit lanklaas gereën

En hy droom nog af en toe
Van riviere wat nog vloei
En van liedjies wat op die winde ry
En van die liefde van sy lewe -
Marietjie van der Heever

Refrein

En ek hoor weer daardie lied
Van verlange en verdriet
En die letters op die klippe is vol stof
Want hier in Aberdeen
Het dit lanklaas gereën

Refrein

Woorde en musiek: Christopher Torr
Uitgewer: Chris Torr Music