Moenie laat die kinders hoor nie

Play


‘n Gawe soldaat op die trein
Maak grappies oor oorlog
Asof ‘n handgranaat en ‘n landmyn
Sulke snaakse speelgoed is
Sulke snaakse speelgoed is

Refrein:
Moenie dat die kinders
Moenie dat die kinders
Moenie dat die kinders hoor nie

Vandag se idealis is môre se terroris

Moenie dat die kinders hoor nie

In die naam van Vryheid
Word ‘n huis verbrand
In die naam van Reg
Word ‘n mens aangerand
Die grootste geweld
Maak die grootste held

Refrein

Vandag se lewe is môre se dood

Refrein

Woorde en Musiek: Rosa Keet /Laurika Rauch
Uitgewer: Gallo Music Publishers/SAMRO