My ou tante Koba

Play

My ou tante Koba klink effens kwaai
Wanneer kom maak ons by hulle weer ‘n draai?
“Maar waar bly Tannie”? het ek gevra
“Anderkant Noupoort duskant De Aar”

My ou tante Koba sê ek kan maar loer
Sy sal haar koffie met ‘n lepel roer
Ry verby Laignsburg en Beaufort-Wes
Ma het ‘n mandjie pa het ‘n fles

En my voete wil weer dans, en my lippe wil weer sing
Die vreudge wat jy gee brei uit in ‘n kring
‘n Reis deur die verlede sal ook hartseer bring
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing x 2

My ou tante Koba het soms gemeen
Die son sal weer skyn, maar dit moet eers reën
“Veral op Grasbult” het sy gevra
“- dis anderkant Colesberg duskant De Aar”

Sy’s besig om lusern, lusern te saai
Sy sê nie eers “hallo” nie (maar sy sê ook nie “good-bye”)
Sy skink sjampanje en gemmerbier
Die tafel’s gedek langs ‘n rivier

En my voete wil weer dans, en my lippe wil weer sing
Die vreudge wat jy gee brei uit in ‘n kring
‘n Reis deur die verlede sal ook hartseer bring
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing x 4

Aan die einde het tant Koba baie stil gelê
“Ek sien reeds vier perde”, het ek haar hoor sê
“Scatter my ashes” het sy gevra
“Anderkant Steynsburg duskant De Aar”

En my voete wil weer dans, en my lippe wil weer sing
Die vreudge wat jy gee brei uit in ‘n kring
‘n Reis deur die verlede sal ook hartseer bring
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing x 8

Woorde en musiek: Christopher Torr
Uitgewer: Chris Torr Music

Verskyn op:
My ou tante Koba
Chris se trefferliedjies
Laurika Rauch sing die liedjies uit Stuur groete aan Mannetjies Roux