Nalekokers

Play


Die kind was lief vir nalekokers vang
Bloues, en rooies, en miskien ook geles
Groot aardigheid ril deur sy lyf
Vannie bewe vannie nalekokerlyf
Ou man staan by donkerrooi blom
Ligrooi nalekoker op donkerroooi blom

Ou man steek hand uit
Bewe, tas mis
Hy lag verleë vryf sy nek
Die mense sal mos dink hy’s gek
Nalekoker, daggaroker, moerskwaai moker
Dissie wind dissie wind geswind
Hiert jou nalekoker
Hiert, hiert!
Jou nalekoker

Woorde en Musiek: Boerneef/ Laurika Rauch
Uitgewer: Gallo Music Publishers / SAMRO

Verskyn op:
‘n Jaar in my lewe
Grootste treffers Volume 2
Die nuwe trefferalbum