Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier

Play

Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
Niks staan so geel soos herfspamplier
By Dwarsrivier op Ceres
Slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
Lank en eerbiedig soos ‘n mens na so ‘n herfs moet kyk
Laat dit inbrand in jou vir latertyd
Die warm geel en rooi vir latenstyd

Woorde en Musiek: Boerneef/Laurika Rauch
Uitgewer: Gallo Music Publishers / SAMRO