Nuwe aarde

Play

Kyk hoe die vleiland van die mooiste Kaap vergaan
Daar waar die waterblomme staan
Nagmuis en sandslang leef in ingevoerde gras
Langs paaie waar daar lappe fynbos was

Refrein:
As dit net voorspellings is
Glo ons dis nie waar
En met al ons foute kan die natuur homself bewaar
Ons kan elke ramp oorleef ons denke maak ons vry
Eendag sal ons iewers
Weer ‘n nuwe aarde kry

Sit maar die vullis uit, die lorries neem dit weg
Sproei kieme dood suiwer die lug
Kap uit die bome wat jou uitsig so bederf
Jy is mos baas op hierdie erf

Refrein

Renoster, olifant en luiperd sal oorleef
Rooivlerk en swael sal weer sweef
Ons kry ons re├źn op tyd, die son skyn oor ons land
Die son wat al hoe feller begin brand

Woorde en Musiek: Pieter van der Lugt
Uitgewer: Select Musiek Uitgewers