Nuwe wyn

Play

As die dinge woorde raak en my woorde aanhou leeg raak
As die liedjies en die mooi gedigte wat ek bring, nie meer uit
Liefde kom en die liefde gaan
En die liefde gaan verby
My eerste liefde het gou vergaan -
Net ‘n skaduwee wat oorbly
(Here skink in my):

Nuwe wyn, minder woorde, nuwe wyn,
Skinkergees bring,
Nuwe wyn, sielsjampanje, nuwe wyn,
Dis ‘n teengif vir die passie wat so kwyn
Beste wyn, soetste wyn, die nuwe wyn

As my siel van droogte kraak, en die water nie meer werk nie
As die loot die wingerdstok se sap nie meer kan proe nie,
Die bruidegom het die beste wyn vir laaste uitgehou
Hy maak die water sielewyn,
En hy hou dit uit na jou
(Here skink in ons):

Nuwe wyn, minder woorde, nuwe wyn,
Skinkergees bring,
Nuwe wyn, sielsjampanje, nuwe wyn,
Dis ‘n teengif vir die passie wat so kwyn
Beste wyn, soetste wyn, die nuwe wyn

Dis vir die dronkword van die gees
Vir die Hooglied-bruid van God wees
Vir die doodbloei van die vlees
Vir vervulling en vervulling en vervulling van die gees – ooo

Nuwe wyn, minder woorde, nuwe wyn,
Skinkergees bring,
Nuwe wyn, sielsjampanje, nuwe wyn,
Dis ‘n teengif vir die passie wat so kwyn
Beste wyn, soetste wyn, die nuwe wyn

Woorde en Musiek: Louis Brittz
Uitgewer: Brettian Publishers