O so sentimenteel

Play

Jy vra my om vergiffenis
Jy sê my jy voel sleg
Dan spring jy op ‘n straler
Vlieg tien duisend myle weg
My hart is nes ‘n klimtol
Waarmee jy lustig speel
O, ek voel broos vanaand…
En o, so sentimenteel

Jy bel my net na middernag
En vra my hoe ek voel
Jy sê jy’t my iets moois gekoop
In ‘n mark in Istanboel
Oor al jou doen en late
Kan ek my goed verbeel
En nou’s ek nie meer vaak
Net o, so sentimenteel

Refrein:
Ek gaan my regruk en uitstyg
Bo wat my onderkry ‘n Nuwe lewe inrig
Die oue’s als verby
En wat jy met jouself maak
Kan my die minste skeel…
Maar miskien is jy nog lief vir my
Ek’s o, so sentimenteel

Die koffie is koud en bitter
Jou vlug’s ‘n halfuur laat
Die omie kom sy dogter haal
Maar ek’s niks lus vir praat
Die wiele vat-vat baanblad
My hart sit in my keel
Gaan lê, ou hart, gaan lê
Jy’s o, so sentimenteel

Refrein

Woorde en musiek: Kalla Bremer/ Don Clarke
Uitgewer: Popps Musique/Monkeyshine Music

Verskyn op:
Stuur groete aan Mannetjies Roux
19 Treffers van 21 jaar