Om en om draai die wiele

Onbeskikbaar

Refrein:
Om en om draai die wiele
Die trein snel voort op die spoor
Nog net enkele myle
Lê nog vir my voor

Dan is ek weer by die huis
Tussen my eie mense
Daar’s ek gelukkig
Voel ek tuis
Haai dit vervul al my hartswense

Refrein

Die ou trein se gerammel
Klink nes musiek op die oor
Dis so vrolik soos hy skommel
Net enk’le myle lê nog voor

Na veel omswerwinge
Is ek amper waar ek wil wees
Tien myl na ons dorpie
Is wat ek op die mylwyser lees

Refrein (x2)

Woorde en Musiek: Johan Wessels (Kupido)
Uitgewer: Panorama