Onder jou asem

Play

Ek het jou benader
Op jou seepkis op jou boeg
Jy het my verower
Maar ek moes vir jou swoeg

Wie was jy toe ek jou kry
Met jou wêreld op sy plek
Wonder jy wat ons sou maak
Het jou weerstand my getraak

Refrein:
Oe…jy’s my swak punt – groot begeerte
Oe…lei my na jou – groot begeerte
Oe…wys my wie’s jy – groot begeerte

Ek het jou verafgood
In ons kamer op ons bed
Jy het my verower
Ek dag ek sê maar net

Refrein:
Oe…jy’s my swak punt – groot begeerte
Oe…lei my na jou – groot begeerte
Oe…wys my wie’s jy – groot begeerte

Brug:
Onder jou asem – onder jou wese is ek
Onder jou asem – onder jou wese word ek
Onder jou asem – onder jou wese is ek
Onder jou asem – onder jou wese word ek tuis

Mmm….

Lank was ons tesame
Lank was ons alleen
Jy en ek en ek en jy
Ek dink aan ons aaneen

Ek het jou benader
Op jou seepkis op jou boeg
Wonder jy wat ons sou maak
Het jou weerstand my getraak

Woorde en Musiek: Riku Lätti
Uitgewer: Peer Music