Rondomtalie mallemeule

Play

Sirkels maal en kolk
En draai om ons heen
Ek hou jou vas en swaai
Genoeglik rondomtalie
Ons probeer selfs angstig
Uit ‘n spooktonnel ontsnap
Want ons weet speelsheid
Kan verlepte siele lap

Refrein:
O rondomtalie mallemeule
Wat drome laat gedy
Flikkerliggies wat verlei
Ons mallemeule samesyn
Kan die pretpark laat verdwyn
Gebuigde spieëls is net ‘n grap
Wat ons uitlok
Dan… verklap
Gister se beloftes
Is met pret afgerond
Maar die ekstase van vandag is ongegrond
Die pretpark se draaikolk
Is niks meer as ‘n skyn nie
Die toegangsgeld tot liefde
Word betaal met heelwat pyn

Refrein

Woorde en musiek: A. de Swardt/ Fransua Roos/ Patric van Blerk
Uitgewer: Flying Dutchman