Skatkiskaart

Play

Nog ’n jaar is verby
As die einde sy sin kry
As die laaste maand sy tekens begin wys
Weet ek waar ek gaan
Na die begin van ons ontstaan
Na water se teenwoordigheid
Water groter as ’n dam
Meer sand as ’n woestynland
En baie meer vis
Waar baie skatte rus

Refrein:
Waar die bome skeef gewaai staan
Waar die see die land ontmoet
Waar die paaie almal doodloop
Waar die Suidoos hom uitwoed
In die Ouskipkaravaanpark
Met ’n skatkiskaart wat wys
Waar ons tent opgeslaan staan
Dis waar ons ons skat sal kry

Du Plessisstraat
Aan die suid punt van die Kaap
Is ’n leidraad om daar uit te kom
Tentpenne in die grond
’n Afdak teen die Kaapse son
En ’n skuiling teen die wind
Waar jy ons tweeman tent sal vind
Weggesteek in stilte
Verbloem in geluk
Rustig met nul mense
Net ons twee op die wye see gerig

Refrein

Brug:
As jy strand op stap
As die wind jou vat
As die see jou roep
As die berg jou groet
Herhaal x 3

Refrein

Koda:
As ek my liefde vir jou kon weeg
Sou dit swaarder as die sout van Melkbos wees…

…dis waar ons ons skat sal kry

Woorde en musiek: Mariëtte Galjaard
Uitgewer: Samro