Skimme

Play

Daar’s skimme, op donker balkonne,
Met lëe, oop koffers wat wag
Daar’s skimme, op skemer perronne,
Wat wag op ‘n trein na die dag

Weerlose, weerlose mense
Op reis van perron na perron
In ‘n middernagland
Sonder grense of tyd
En ‘n ewigheid ver van die son, van die son
En ‘n ewigheid ver van die son

Daar’s skimme, gewikkel in jasse
Verskans teen die winde van ys
Daar’s skimme, met kiste soos tasse,
Vol drome gepak vir die reis

Weerlose, weerlose mense
Op reis van perron na perron
In ‘n middernagland
Sonder grense of tyd
En ‘n ewigheid ver van die son, van die son
En ‘n ewigheid ver van die son

Woorde en Musiek: Koos Du Plessis
Uitgewer: Incline House