Skoppensboer

Play

‘n Druppel gal is in die soetste wyn;
‘n Traan is op elk’ vrolik snaar,
In elke lag, ‘n sug van pyn,
In elke roos ‘n dowwe blaar.
die een wat deur die nag
ons pret beloer
en laaste lag
is Skoppensboer
(is Skoppensboer).

Gewis en seker is die woord:
Die skatte wat ons opvergaar,
Ondanks die sterkste slot en koord
Word net vir mot en roes bewaar.
net pagters ons
van stof en dons
om oor te voer
aan Skoppensboer
(aan Skoppensboer
aan Skoppensboer).

Gewis is alles net ‘n grap!
Ons speel in die komedie mee
Geblinddoek met ‘n lanfer-lap
Wat selfs die son ‘n skadu gee.
wat treur ons tog?
viool en fluit
maak nog geluid;
en lank die nag
wat voorlê nog
(voorlê nog).

(Maar Skoppensboer, maar Skoppensboer)
Al kan ons nooit volmaaktheid raak,
Nog blink die oog en gloei die huid
Wat heel die winter blomtyd maak.
dus onverleë
lag ons maar mee
met elke toer
van Skoppensboer!
(van Skoppensboer
van Skoppensboer)!

(Nota: Bogenoemde is slegs ‘n gedeelte van die oorspronklike gedig, en die hakies dui op eie invoegings.)

Woorde en Musiek: Eugene N. Marais / Abri Helberg
Uitgewers: Select Musiek Uitgewers / SAMRO