Slang in die gras (met Kurt Darren)

Play

(Duet met Kurt Darren)

Jy, jy kyk nie meer vir my soos vantevore jy kyk verby
Jy, jy ruik nie meer soos Chanel No. 5 nie is dit klaar, is dit klaar
Jy, jy praat nie meer so mooi voor ons gaan slaap nie. Jy praat verby
Jy, lees alweer ‘n boek maar dis ‘n hoofstuk sonder my

Refrein:
Daar’s ‘n slang in die gras hy laat dink my aan jou want jy pik op my
Soos ‘n – vis uit die water voor my oë het jy weggegly
Daar’s ‘n wolk voor die volmaan en hy hang oor jou en my
En dit reën reën reën want dis verby

Jy, jy fluister nie my naam as jy hier langs my lê en droom nie
Jy of ek verstaan hoekom ons paaie nie meer kruis nie, nie meer kruis nie
Jy, jy hoef nie meer te wag as jy wil gaan of weer probeer
Jy kan maar aanbeweeg so sonder my ek is okay, ek’s okay

Refrein x 2

En dit reën reën reën want dis verby
En dit reën reën reën maar ek’s okay

Woorde en musiek: Kurt Darren/Johan Oberholzer/Don Kelly/Marc Brendon
Uitgewer: Select Musiek/Universal Music Publishing

Verskyn op:
Tweeduisend-en-tien!
Laurika Rauch sing die liedjies uit Stuur groete aan Mannetjies Roux