Stoomtrein

Play


As ek vanaand my sin kon kry
Sou ek weer met ‘n stoomtrein
Deur die varsgeploegde Wes-Transvaal wou ry
Soos jare vantevore
Voor ons die spoor verloor het
In hierdie sinnelose jaagtog teen tyd
En as ek nog ‘n wens kon kry
Sou ek dat hierdie trein van my
Al klikkend oor die spore wieg en swaai
Oor die brug by “Veertien strome”
Wil ek steenkool ruik en stoom
As die wind deur die venster binnewaai
Ja ek verlang na die dae toe die stoomtrein
Nog gery het
En die springbokkop wat ratel teen die stowwerige ruit
Maar ek soek veral na mense wat verdwyn het
Uit my kleintyd
Soos die stoomtrein se weemoedige gefluit
Daar’s net een fout met die wens van my
Om weer eens met ‘n stoomtrein
Oor die spore van my kinderdae te ry
Want die vreugde en die mense
Wat ek soek met my gewensery
Is lank reeds met die laaste trein verby

Woorde en Musiek: Lucas Maree
Uitgewer: Sarral

Verskyn op:
Grootste treffers Volume 2
Die nuwe trefferalbum