Stuur vir my ‘n foto

Play

Stuur vir my ‘n foto ‘n Duidelike beeld
Van die plooitjies om jou oë
Onder andere
Maak vir my ‘n afskrif
Van die drome in jou hande
En die skewe, halwe glimlag
Om jou mond

Refrein (1):
Probeer ten minste vaspen ‘n Bietjie van die aard
Van die dinge wat jy liefhet
En onthou ‘n Mens is tog so gou geneig
Om maklik te vergeet ‘n Foto keer
Dat die tyd verweer
Stuur vir my ‘n foto ‘n Duidelike beeld
Van die sprokies en die spoke
Van jou lyf
En die roering van jou palms
En die hartklop in you are
En jou stiltes en jou lag
En selfs jou huil

Refrein (2):
Probeer ten minste vaspen ‘n Bietjie van die aard
Van die dinge wat jy liefhet en onthou
Soos ons ernstige woorde
Oor die dinge van belang
Wat nou reeds stom
In gange hang

Stuur vir my ‘n foto ‘n Duidelike beeld
Van ‘n plek waar ons al saam was -
Of heen wou gaan
Dalk ‘n horison, ‘n waansin ‘n Hawe of ‘n bos
Onthou jy nog hoe ver wou
Ons nog reis?

Refrein (1)

Woorde en Musiek: Dineke Volschenk
Uitgewer: © Dineke Volschenk