Vier seisoene kind

Play


Sy roep my in die rigting van haar hart
Waar die wintervure brand
En die nagte vir die somer lê en wag
Sy giet haar trane in die see
Sy stuur haar woorde met die wind
Na die strande van lankvergete smart

Refrein:
Vier seisoene kind met die winter in jou oë
Waar het ek jou verloor
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm
– kyk jou oseaan is kalm
Vier seisoene kind vier seisoene kind
Stuur my nog ’n poskaart met die wind

Sy maak vir my ’n painting van die herfs
As die akkerbome rus
En die wolke soos vlamme oor ons waai
Sy gee vir my ‘n soet Septembergeur
As die Boland lê en bloei
Met die somer wat klop hier aan my deur

Refrein x 2

Stuur my nog ‘n poskaart met die wind x 3

Woorde en Musiek: Gian Groen
Uitgewer: Afrimusiek

Verskyn op:
Vier seisoene kind
Die nuwe trefferalbum

Ander interpretasies: Alternatiewe weergawe